← ISITEJI · all South African theatre

Afrikaanse Hoër Seunskool - SWING VIR ‘26

Atterbury Theatre · Pretoria

drama 17 Oct · Opens 17 Oct · R200

Die Afrikaanse Hoër Seunskool spog met vyf orkeste wat gereeld by plaaslike kunswedstryde en interkultuuraande optree. Een hiervan is die jazzorkes wat uit 17 lede bestaan en beter bekend is as die swing-ensemble. Braam van Tonder is in beheer van hierdie groep talentvolle seuns wat gereeld by skool- én buitegeleenthede optree.

Vir hierdie optrede is daar egter besluit om in “Big Band”-styl vir sangers van AHS sowel as AHMP ‘n geleentheid te skep om saam met die seunskool se swing-ensemble op te tree. Hierdie konsert beloof om vir oud en jonk ‘n opwindende ervaring te wees met hoogtepunte soos Skyfall , Crazy Little Thing called Love , Cry me a River en Can you feel the Love Tonight , om maar ‘n paar te noem.

Book tickets