AfriForum Teater · Pretoria
Artium is Akademia se jaarlikse konsert wat die hoogtepunte van die instelling se kultuurjaar vier. Die beste kunstenaars, ensembles en produksies van die jaar word op een verhoog saamgebring om die gehoor te vermaak met ’n uitsonderlike vertoning van talent, kreatiwiteit en kunsvernuf.
Artium bied ’n unieke geleentheid om die beste van Akademia se kultuurlewe te beleef en is ’n hoogtepunt op die jaarlikse studentekalender.