← ISITEJI · all South African theatre

Akustika Chamber Singers - DUSK

Nazareth House Chapel · Pretoria

other 14 Nov · Opens 14 Nov · R150–R280

DUSK AKUSTIKA CHAMBER SINGERS | GALAKONSERT Daar is ’n vlietende oomblik tussen lig en donker wanneer die wêreld sy asem ophou en die stilte vir ’n oomblik ewig voel… DUSK – SKEMER. Daardie betowerende uur wanneer die dag sy laaste lig oor die aarde strooi, skaduwees saggies langer word en die nag haar sluier oor die wêreld trek.

Dis ’n tyd van verwondering. Van verlange en verganklikheid. Waar lig en donker mekaar vir ’n oomblik ontmoet en stilte in musiek ontvou. Op 14 November nooi die internasionaal bekroonde Akustika Chamber Singers, onder leiding van Christo Burger, jou na ’n besonderse musikale belewenis. ’n Aand waar stemme soos skemerlig vervleg, harmonieë die stilte omhels en musiek gestalte gee aan dit waarvoor woorde soms ontbreek.

DUSK – Waar die dag sy laaste asem uitblaas en musiek die stilte oorneem. Nazareth House Chapel, Pretoria14 November | 17:00 _____________________ DUSK AKUSTIKA CHAMBER SINGERS | GALA CONCERT There is a moment between light and darkness when the world falls silent, if only for a breath… DUSK – TWILIGHT.

That enchanting threshold between day and night, where the last light fades, shadows grow longer, and silence gives way to musi

Book tickets