← ISITEJI · all South African theatre

André Schwartz: Die kronieke van Buks

Drostdy Theatre · Stellenbosch

other 7 Oct – 8 Oct · Opens 7 Oct

Met André Schwartz , JJ Petersen (klavier)

In hierdie komiese kabaret blaf Buks – ’n klein wit chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster – koning in die stofstrate van Paul Roux. Buks trip-trap van huis tot huis, hoor die skinder en geheime, en word bederf met brokkies nuus en lekkernye. Buks is die toegangspoort tot die lewens van die dorpsmense, wat almal eiesoortig maar ook skrikwekkend herkenbaar is.

Die dorp val uitmekaar en almal lewe op die rand van chaos. Tussen die seer en die humor lê die gestroopte musiek van onder andere Billy Joel, André Schwartz, Charles Aznavour en vele meer, alles naatloos verweef in die narratief van hierdie dorpie wat ’n mikrokosmos is van die wêreld waarin ons leef.

Regisseur Lihan Pretorius

***********************************************************************************************

With Andre Schwartz , JJ Peterson (piano)

Buks is a small white chihuahua who believes he’s as big as a rhinoceros. He trots from house to house through the dusty streets of Paul Roux, overhearing gossip and secrets, while being spoiled with tasty treats and juicy bits of news. Through Buks’s eyes, the lives of the townspeople are revealed. He becomes

Book tickets