← ISITEJI · all South African theatre

Christof Van Der Berg - Stories en Sterre

The Showroom Theatre

other 5 Dec · Opens 5 Dec

Die storie: “Waar lê die goud waarna ’n mens jou hele lewe lank soek?”

Vir pianis en storieverteller Christof van der Berg begin die storie toe hy as seuntjie een aand saam met sy pa op die soutplaas Witkraal, na die sterre gelê en kyk het. Terwyl hulle besin oor uitgebrande sterre en konstellasies, vertel sy pa hom die verhaal van die laaste wilde leeu in die Vrystaat en van die goud wat iewers in Witkraal begrawe lê.

Min het hy geweet dat daardie aand die begin sou wees van ’n reis wat hom as sestienjarige na Hollywood sou neem – waar hy ’n internasionale klavierkompetisie wen – en later na stede en verhoë reg oor die wêreld.

Twee tragedies verander sy lewe ingrypend. Sy pa sterf onverwags in 2019 en kort daarna tref Covid Suid-Afrika. Die inperking dwing hom terug na sy geboortegrond en op Witkraal begin ’n nuwe fase van sy lewe: hy boer, skryf musiek, maak eksotiese lampe en ontluik as skilder. En in hierdie tyd word Stories en Sterre gebore.

Stories en Sterre , is veel meer as net ’n musiekvertoning. Dit is ’n nostalgiese verhaal vol verwondering wat onder die sterre van die Vrystaatse soutplaas begin het en vandaar gelei het na glansryke wêreldstede, ontmoetings met onverg

Book tickets