100 Compensation Beach Rd
Kom lag saam met ons in Ballito!
Hierdie Afrikaanse verhoogstuk bring ’n heerlike kombinasie van humor, ’n tikkie liefde en ’n bietjie soet versoeking vir die hele familie.
Die storie speel af in die Sonskyn Oord Ouetehuis , waar karakters met kleurvolle persoonlikhede en skerp tongvalle mekaar se lewens op hul kop keer.
’n Melktert, ’n paar doppe, en ’n klomp onverwagte draaie sorg vir ’n aand vol lag en lekker kuier.
Hoekom jy dit nie moet misloop nie
’n Lag-tot-jy-huil komedie wat jou hart warm maak.
’n Ster-rolverdeling wat elke karakter tot lewe bring.
’n Gemeenskapsaand waar jy saam met vriende en familie kan kuier.
Bring jou gesin, piekniekmandjie, goeie humeur en kom geniet ’n aand vol lag, liefde en melktert! (Barnyard langtafel ongereserveerd)
Sien jou daar!
NHK Dolfynkus & Richardsbaai