Benoni Northerns Sports Club · Benoni
GLIMLAG FEES 2026 IS TERUG! Maak reg vir ’n dag wat jy nie gaan vergeet nie – op Saterdag 3 Oktober 2026 vind die Glimlag Fees vir die sesde keer plaas. Benoni Northerns Sportsgronde is die tuiste van dié lekkerte in Benoni, en feesgangers kan uitsien na ’n hoogtepunt op die feeskalender. Die Glimlag Fees is meer as nét ’n musiekfees – dis die spesiale oomblikke saam met spesiale mense wat dieselfde liefde as jy deel: samesyn, lag en herinneringe maak. Vanjaar spog die fees met topkunstenaars op die verhoog: Dirk van der Westhuizen, Tamlyn Wessels, Onike, Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Kurt Darren, Martin Bester, Danny Smoke en Spoegwolf. Feesgangers kan ook uitsien na plaaslike Benoni-talent wat die dag gaan afskop – in die kol om die feesgees van vroeg af aan die gang te sit! KAARTJIES: EARLY BIRD (1 MEI – 5 JUNIE 2026)R215 – beste prys beskikbaar EERSTE 500 KAARTJIES (BEPERK!)Kry ’n GRATIS Glimlag Fees Lojaliteitsklub-koeponboekie! Dié koeponboekie is propvol afslag en spesiale aanbiedinge by stalletjies en ander feesvennote. Neem kennis dat kaartjies op die dag by die hekke duurder sal wees. Moenie wag nie – koop vooraf en spaar. Die Glimlag Fees Lojaliteitsklub is terug!Eksklu