← ISITEJI · all South African theatre

HALLOUW 30! - Met Emily in SA | Die Centurion Teater

Centurion Teater · Centurion

other 27 Nov · Opens 27 Nov

HALLOUW 30!

met Emily in SA

Voor jy jou oë – nog sonder plooie en duur serums – kan uitvee, is jy… DERTIG. Goodness. Nou is dit tox en oogroompies, en dating voel soos om laaste vir jou kos in ’n restaurant te wag terwyl die manne vra: “Wat bring JY tafel toe?” Askies tog, meneer, ek is die hele buffet.

En die ergste van alles? Mense noem jou nou “Tannie”. Low-rise jeans en dik highlights is iets van die verlede. Dankie tog ek hoef nie meer my maag in te trek nie – dis eerlikwaar genoeg rede om al my hare af te skeer.

Maar op ’n positiewe noot: ek het nou ervaring. En BAIE materiaal. Genoeg vir ’n heerlike uur se eerlike, skreeusnaakse klets oor dertig word. Sit terug en geniet – hierdie splinternuwe show gaan voel soos ’n glas pinot grigio (ja, ons kan nou duur wyn bekostig) en skinder op die bank saam met jou beste vriendin.

Book tickets