Atterbury Theatre · Pretoria
Wanneer Sonstof die Aarde se atmosfeer binnedring veroorsaak dit wrywing. Deur hierdie wrywing word daar ‘n natuurverskynsel geskep wat die lugruim inkleur en ophelder. Mense reis van oral om hierdie lig te kom beleef. Die Noorderlig. Daar is ook ‘n dag wat jy hierdie aarde se atmosfeer binnedring.
Soos sonstof. Iets besonders. Iemand wat lig bring, uit God gebore. Kan jy onthou? Musiek geskryf uit die binnewêreld van Jacques De Villiers(Joshua na die Reën) Ek en die band bring vir julle "Noorderlig", 'n Musiekproduksie