Adam Small Theatre Complex · Stellenbosch
Met Mia Groenewald , Ané Lourens
Dis heeltyd speeltyd in ’n wêreld van kattekwaad en koekeloer. Woeps en Waps is onwaarskynlike maats. Waps kruip weg in haar verbeeldingswêreld en Woeps is ’n beterweterige babbelbekkie. Terg en pret om elke hoek en draai ontwikkel in ’n eindelose verbeeldingsreis vol speel, deel en verken.
Met brabbeltaal, koddige gebare en dans herinner hierdie bewegingsteaterstuk ons aan die kosbare hart van ’n kind. Oud en jonk se voete gaan jeuk om saam met Woeps en Waps te baljaar in hulle wêreld van kattekwaad en koekeloer.
Regisseur en choreografie Estelle Olivier
Skrywers Mia Groenewald, Ané Lourens, Estelle Olivier
Verhoogbestuur Jana du Pisani
Ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch-dramadepartement
**************************************************************************************************************
With Mia Groenewald , Ané Lourens
It’s always playtime in the world of mischief and peeking ("kattekwaad en koekeloer"). Woeps and Waps are unlikely friends. Waps hides away in her imaginary world and Woeps is a know-it-all chatterbox. Teasing and fun develops into an endless imaginative journey full of play, sharing and exploration. Wit