Kleinkaap Boutique Hotel · Centurion
MATIE VAN GRAAN: ONS PRATI KHAKI, ONS DRA DIT! ’n Komedie-aand & ete by Kleinkaap Boutique Hotel, Centurion Kry jou khaki reg, bring jou humorsin en kom geniet ’n aand waar daar ’n bietjie waarheid in elke grappie skuil. Op 26 November verwelkom ons die een-en-enigste Matie van Graan by Kleinkaap vir ’n aand van stories, skaterlag en ’n lekker aandete.
Matie het bekendheid verwerf as die oorspronklike Boerboel Tannie, maar agter die khaki is daar heelwat meer. Sy is ’n gekwalifiseerde bokwagter, aktrise, MC en sosiale media-persoonlikheid wat as @matiestad haar unieke blik op die Suid-Afrikaanse lewe met haar volgelinge deel. Met haar debuut stand-up neem Matie jou op ’n komiese reis deur die lewe van ’n plattelandse tannie, bokwagter en professionele khaki-hanteerder.
Sy vertel stories, deel haar fabels en lesse, en pak die tipe vrae aan wat jy dalk al wou vra, maar nie noodwendig hardop wou sê nie. En omdat geen Suid-Afrikaanse aand volledig is sonder ’n bietjie kompetisie nie, bederf Matie ons met ‘n spesiale Wys jou vleis beoordelingskompetisie.
Heerlike aandete ingesluit Matie van Graan se komedievertoning Wys jou vleis beoordeling Giveaway En genoeg waarheid om jou te laat w