Seabrooke's Theatre · Durban
LUNA PAIGE: DIE REISIGERS ALBUMBEKENDSTELLING - HILTON
(See English description below)
Venue:
Seabrooke's Theatre
Durban High School
Adres:
255 St Thomas Musgrave Road
Musgrave
Durban
Deure: 14:30
Vertoning: 15:00
Kuns- en musiekverkope: 16:15-17:15
Kaartjiepryse: R150
Drinks: More info on this soon
English show description below:
’n Reis vertel deur musiek, stories en kuns
Geïnspireer deur Luna se reise deur Suid-Afrika en Suid-Europa – veral haar pelgrimstog op die Camino – ondersoek Die Reisigers temas soos beweging, geborgenheid, verlies, innerlike stilte, selfliefde en -aanvaarding. Hoewel die produksie diep gewortel is in haar persoonlike ervarings, spreek dit tot iets wat ons almal deel: die voortdurende soeke na betekenis, verbondenheid en tuiskoms.
Met haar kenmerkende eerlikheid en warmte besin Luna nie net oor die plekke wat sy besoek het nie, maar ook oor die mense wat sy langs die pad ontmoet het. Só ontdek sy telkens die merkwaardige ooreenkomste wat reisigers oor kulture en kontinente heen met mekaar deel.
Vir die eerste keer in haar loopbaan verweef Luna elektroniese komposisies in haar ateljee-opnames én verhoogvertonings, wat nuwe klanklandskappe