Centurion Teater · Centurion
Mel die Storieverteller - Internet Sensasie | LIVE RECORDING SHOWS INTERNET SENSASIE gaan LIVE! Wees deel van die gehoor tydens hierdie spesiale geleentheid wanneer Mel die Storieverteller haar derde komiese vertoning, Internet Sensasie, LIVE opneem! Wees deel van die lag, die energie en die oomblikke wat dalk nét op kamera beland. In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook. Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop. Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!