← ISITEJI · all South African theatre

Première-wenner: Violets in Bloom

Adam Small Theatre Complex · Stellenbosch

other 3 Oct – 5 Oct · Opens 3 Oct

In die wenproduksie van die jaarlikse Première-teaterfees kan die beste opkomende akteurs, skrywers en regisseurs van die US se dramadepartement gesien word. Wat gewaarborg is in dié toonvenster vir die volgende geslag teatermakers, is boeiende storievertelling en uitsonderlike toneelspel. Meer as 60 studente in 12 produksies het aan vanjaar se fees deelgeneem.

Met Hafeez Arendse, Greta Marie Mascke, Shayne Justin Joseph, Torden Van Rensburg, en Cate Storm

James en Charlotte Ashford is deel van Kaapstad se Engelse elite in die 1960’s en dit blyk asof hulle floreer: welvarend, word bejeen met aansien en op die drumpel van politieke sukses. Maar agter die mooi masker skuil ’n laventelhuwelik, geskoei op geheimhouding, opoffering en die stille prys van onvoorwaardelike liefde.

Wanneer gerugte oor James se seksualiteit begin versprei, word hy gedwing om te kies tussen nalatenskap, identiteit en die mense vir wie hy die liefste is.

Skrywer en regisseur Skyla Cookson

Verhoogbestuurder Siyasanga Njobe

********************************************************************************************************

The winning production of the annual Première Theatre Festival showcases the be

Book tickets