Atterbury Theatre · Pretoria
RUHAN DU TOIT KEER TERUG VIR NÓG EEN VERTONING — OP POPULÊRE AANVRAAG ’n Vars, lewendige teater ervaring met nuwe musiek, gehoor gunstelinge en die onmiskenbare stem van Ruhan du Toit . Na die besonderse reaksie op sy vorige teater vertoning, keer Ruhan du Toit terug vir nóg een vertoning — op populêre aanvraag.
Gehore kan uitsien na ’n intieme, maar kragtige aand van lewendige musiek wanneer Ruhanweer die teater verhoog betree. Hierdie keer bring hy pragtige nuwe musiek na die verhoog, terwyl hy ook terugkeer na van die liedjies wat reeds groot gunstelinge onder teater gehoregeword het.
Vir hierdie vertoning word Ruhan op die verhoog vergesel deur ’n uitstekende groep musikante, met elektriese kitaar, baskitaar en klavier , wat saam ’n ryk, vol lewendige klank skep en beide die nuwe musiek en bekende gunstelinge ’n vars dimensie gee. Ruhan is bekend vir sy merkwaardige stemomvang en sy vermoë om moeiteloos tussen kragtige liedjies en intieme, emosionele oomblikke te beweeg.
Sy teatervertonings bied gehore die geleentheid om sy stem te beleef in ’n ruimte waar die musiek werklik die middelpunt vorm . Die vertoning sal ’n kombinasie wees van vars musikale oomblikke, pragtige verwerk