← ISITEJI · all South African theatre

Swerwer - André Swiegers

The Showroom Theatre

other 23 Oct · Opens 23 Oct

Die folk-rock sanger en liedjieskrywer André Swiegers se produksie "Swerwer" is ’n aanbieding wat ou gunstelinge en onlangse vrystellings op ’n intieme manier kombineer.

Swiegers, wie se musiek diep gewortel is in die tradisie van storievertelling en melodie, is oor die jare beïnvloed deur groot name soos Bob Dylan, Cat Stevens, Paul Simon en Leonard Cohen.

Met ’n loopbaan wat oor dekades strek, het Swiegers verskeie toekennings ontvang, insluitend twee GMT-toekennings en ’n SAMRO-verering. Sy lied “Blou” is deur bekendes soos Laurika Rauch, Myra Maudé (in ’n Franse weergawe), en die Universiteit van Stellenbosch Koor opgeneem. As medeskrywer van die treffer "Take Me Where The Sun Is Shining" (Coleske), het André se werk ook internasionaal sy stempel afgedruk.

"Swerwer" sluit onlangse vrystellings in, soos Vry Soos Die Wind, 'n Dag Sonder Jou, Wie Sou Dit Sê en Die Stad Is Te Veel – sowel as gewilde treffers soos Blou, Eva, Jammer om te Hoor, Die 1966 VW Beetle Blues, Blommekind, Ghost Train, Doncella, Hoor Hoe Val Die Reën en Twee Feilbare Mense.

Tussendeur deel Swiegers stories oor hoe sommige van sy liedjies ontstaan het – eg menslike oomblikke wat in sy musiek bly voortleef

Book tickets