← ISITEJI · all South African theatre

Timothy Kieswetter in JINGLE BALLZ. Thu, 17 December 2026 at Centrestage@Baywest

Centrestage @ Baywest · Gqeberha

other 17 Dec · Opens 17 Dec

JINGLE BALLZ

“Jou Vakansie Oorlewingsgids”

Net voor jy jou flip-flops aantrek en soos ’n pap wors op die strand gaan lê, bring Timothy Kieswetter vir jou ’n Once-Off Comedy Special. Dink daaraan as jou "hoe oorleef ek my familie sonder om in ’n misdaad-dokumentêr te eindig?" handleiding.

Hoekom het jy dit nodig? Wel…

Vakansies = familietyd. En familietyd = skoonfamilie. En skoonfamilie = Stresvolle tyd.

Vakansies klink soos rus en vrede… en dan bam! Iemand huil, iemand skree, iemand pak sy tas om "huis toe te ry".

Jou kinders? Ja, hulle is nou 24/7 op jou soos 'n pop-up advertensie. "Maaa! Ek is bored! "Paaa! Kyk!" "Hoekom slaap julle nog, dis net 05:04?"

Trouberaders doen Januarie dubbel skofte. Want ná drie weke se strand, eet en drink, familie en kinders vra jy jouself: "Het ek regtig belowe tot ewig en ewig…?"

Skei-prokureurs glimlag breed na Desember. Hoekom? Want iemand moet die ski-vakansies betaal.

Desember vakansies is basically 'n huwelik-eksamen.

Maar ontspan - jy hoef nie deel te word van die "vakansie familie fiasko" statistiek nie. Timothy is hier om jou toe te rus sodat jy terugkom gelukkiger, kalmer… en nog getroud.

Hierdie Jingle Ballz survival kit sluit

Book tickets