← ISITEJI · all South African theatre

Zonkie en die laaste boomhuis

Paul Roos-teater

other 5 Oct – 11 Oct · Opens 5 Oct

Met Cindy Swanepoel

Wanneer die eens pragtige Stad van Groen in die Stad van Grys verander, plaas ’n jong meisie en haar vriende Knetter (die eekhoring), Uilbertus (die uil) en Madame Skadu (die straatkat) alles op die spel om ’n enkele saadjie aan die groei te kry omdat hulle weer plante en suurstof in die stad wil terugkry.

In 'n tweede verhaal vertel La-dee-da (die hadeda) van ’n dapper voëltjie se vlug ondanks al die gevare in die lug, en in ‘n derde verhaal vertel Knopie Satyn (die spinnekop) van haar soektog na 'n veilige plekkie in iemand se huis om haar web te spin. Sal sy oorleef? Die verhale prikkel die lagspiere, die verbeelding én die hartsnare terwyl fabelagtige handgemaakte karakters en meesterlike poppespel die gehoor betower.

Vervaardiger Swan Dive Collective

Regisseur en skrywer Anèl Wood

Musiek Lucinda Bosch

Choreografie Cindy Swanepoel

Ontwerp Imile Wepener

Verhoogbestuur Zonika van Zyl

Ondersteun deur ATKV en Ontbytsake

Book tickets